Christophorus Columbus

Christophorus Columbus
Postuum portret van Christophorus Columbus deur Sebastiano del Piombo in 1519. Daar is geen bekende outentieke portrette van Columbus nie.[1]
GeboreTussen 31 Oktober 1450 en 30 Oktober 1451
Genua, Republiek van Genua (tans Italië)
Sterf20 Mei 1506
Valladolid, Kroon van Kastilië, (tans Spanje)
Nasionaliteit Kastilië
BeroepOntdekkingsreisiger
Bekend virOntdekking van die Amerikas
TitelAdmiraal van die Oseaniese See; Visekoning en Goewerneur van die Indiese
EggenootFilipa Moniz Perestrelo
KindersDiego
Fernando
Handtekening
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "godsdiens" (this message is shown only in preview).

Christophorus Columbus (Italiaans: Cristoforo Colombo, Spaans: Cristóbal Colón, Portugees: Cristóvão Colombo, gebore tussen 31 Oktober 1450 en 30 Oktober 145120 Mei 1506) was 'n Italiaanse seevaarder, ontdekkingsreisiger en handelaar wat in 1492 oor die Atlantiese Oseaan gevaar het en die Amerikas bereik het. Met die hulp van Spanje het hy vier reise onderneem op soek na 'n nuwe seeroete na Indië.

Christophorus Columbus
Columbus se wapen, soos uitgebeeld in sy Boek van Voorregte (1502)

Vroeër, onder die Mongoolse Ryk se hegemonie oor Asië en die Pax Mongolica, het Europeërs vir lank 'n veilige deurgang op die Syroete na dele van Oos-Asië geniet, wat bronne van waardevolle goedere was. Met die val van Konstantinopel in die Ottomaanse Ryk in 1453, is die Syroete vir Christenhandelaars vanaf Europa gesluit.

In breë konteks het Columbus se verhaal nie soseer met 'n individu te doen nie, maar met hoe die Europeërs see toe gedwing is om die gewilde sy en speserye van die ooste weer te bekom. Portugal was op soek na 'n manier rondom Afrika, maar Columbus het 'n ander plan gehad.

Columbus was nie die eerste persoon wat die Amerikas bereik het nie – hy het dit bevolk gevind. Hy was ook nie die eerste Europeër wat die kontinent bereik het nie – die Wikings het Noord-Amerika al in die 11de eeu besoek. Hulle het egter gedink dat hulle bloot nog 'n eiland gevind het, en niks het gekom van hulle ontmoeting met die inwoners nie. Die landing van Columbus het egter gelei tot die botsing van mense van Amerika, Europa en Afrika en die erfenis van globalisering.

Soos vooraf afgespreek met die Spaanse monarge, het Columbus goewerneurskap van die nuwe gebiede verklaar. Alhoewel party hom gesien het as 'n uitstekende navigator, het baie van sy tydgenote hom gesien as 'n swak administrateur en hy is in 1500 van sy goewerneurspos onthef.

Columbus bly steeds 'n kontroversiële persoon. Party, soos die Amerikaanse inboorlinge, sien hom as verantwoordelik, direk en indirek, vir die dood van tiene tot honderde duisende inboorlinge, uitbuiting van die Amerikas deur Europa en slawerny in die Wes-Indiëse eilande. Ander vereer hom vir die massiewe hupstoot wat sy loopbaan aan Westerse ontwikkeling en kultuur gegee het. As Columbus dit nie gedoen het nie, sou iemand anders egter een of ander tyd wel die Amerikas ontdek het. Columbus het dit egter eerste gedoen.

  1. (en) Portraits of Christopher Columbus – COLUMBUS MONUMENTS PAGES. Vanderkrogt.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search